Tak Administrateur

Pretoria, Gauteng
Posted 24 days ago
Company:
All Storage
Company Description:
We rent out Storage units to the public on a short or long term basis. We are a company with 4 branches in the Annlin, Wonderboom area in the Northern part of Pretoria. We are always looking for ways to expand and better our services to our clients, who are the most important part of this business
Contract Type:
Permanent
Experience Required:
5 to 10 years
Education Level:
Grade 12
Gender:
Female
Number of vacancies:
1

Job Description

Ons het 'n pos beskikbaar vir 'n dame as Tak Administrateur by ons Stoor fasiliteite in die Annlin/Wonderboom area in Pretoria. Die geskikte kandidaat sal iemand moet wees wat positief, energiek, vol lewenslus, gesond en oor goeie adminstratiewe eienskappe beskik. Iemand met 'n oog vir fyner besonderhede in haar werk. Jy moet bereid wees om die ekstra myl te loop van tyd tot tyd. Jy sal daaglikse admin take verrig, geld invorderings doen, met kliënte skakel en rekenings uitsorteer. Betalings nagaan en seker maak dat die toegangs beheer beampte by die hek op hoogte gehou word van betalings. Jy sal moet kan Engels en Afrikaans magtig wees en nie bang wees vir harde werk nie. Jy sal met kollegas, werkers en kontrakteurs skakel om te verseker dat dinge by jou tak reg verloop. Jy sal opdragte van Bestuurders moet kan uitvoer en binne gegewe tydsgleuwe terugvoering gee oor sake indien dit so verlang word van jou. Om in ons bedryf suksesvol te wees moet jy nie skrik vir verskeidenheid van werk nie. Rekenaar geletterdheid is baie belangrik in ons werk. Jy moet vertroud wees met internet, Outlook vir eposse en Excell vir verslae wat aangestuur word en waarmee jy daagliks sal werk. Eerlikheid, betroubaarheid en hardwerkend is van selfsprekend nodig. Goeie gesondheid is belangrik vir hierdie pos. Sober gewoontes en iemand op wie ons kan staat maak. Geen ouderdoms beperking op aansoeke nie. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 30 April 2024.Stuur volledige CV na [email protected] Indien jy nie van ons hoor binne 7 dae na die sluitings datum nie - kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was. Geen telefoniese of internet onderhoude sal gevoer word nie.
Salary:
7.000,00 ZAR Monthly